Leandie du Randt kuier saam die Riebeeckrandfamilie

Ons het op 23 Februarie ons jaarlikse ma- en dogteraand gehou met die talentvolle spreker Leandie du Randt en sangeres Irene-Louise van Wyk.

Die aand was vol pret en plesier en die gesellige atmosfeer het almal laat tuis voel. Die aand het begin met ‘n dans-sessie waartydens die dames geleentheid gekry het om hul twee linkervoete te verruil en danspassies na te boots – dit was hope pret! Later die aand het die talentvolle Leandie du Randt Bosch die dames toegespreek met haar bekende motiveringspraatjie #NoOneCanBeatYouAtBeingYou en Irene- Louise van Wyk het die dames met haar unieke sangtalent vermaak.

Die aand was vol eindelose pret met heerlike pryse wat op die spel was. Ons bedank elke ma, dogter en vriendin wat die aand saam met ons kom geniet het. Ons bedank ook elke instansie in Randfontein wat ‘n prys geborg het vir die aand. Dit word opreg waardeer! En ‘n besondere dankie gaan aan Gerda Pieterse en haar span van Randwest Nissan (hoofborg) en Randfontein Skryfbehoeftes wat die aand geborg het. Ons sien daarna uit om weer in die toekoms met sulke ondersteunende en lojale borge saam te werk.

ma en dogteraand 2018 2  ma en dogteraand 2018 4  ma en dogteraand 2018 1