Seniorraad skryf top gehalte groentjiekonsert

Hoërskool Riebeeckrand se gr.8-leerders het ‘n saal vol mense op 24 & 25 Januarie, met hul groentjiekonsert genaamd “Boot Camp”, vermaak.

Op 24 Januarie het die laerskoolleerders ‘n gratis middagvertoning kom geniet, en die ouers die twee aandvertonings.

Die tema van vanjaar se groentjiekonsert was “Boot Camp”. Die konsert het die belangrikheid van samewerking beklemtoon en dat Riebeeckranders ‘n eenheid is wat altyd saamstaan.

Hier by Hoërskool Riebeeckrand is ons een groot familie en het die gr.8-leerders besluit om die jaar, geanker in geloof, te geniet en as ‘n eenheid saam te staan.

Die gr.8-leerders het die gehoor deurentyd vermaak en seker gemaak dat daar nie ’n oomblik van verveling is nie.

Die seniorraadlede van 2018 het die groentjiekonsert geskryf, gechoreografeer asook die hoofrolle afgerig. Die teks is deur twee lede van die seniorraad, Corrine Human en Larisha van Wyk geskryf.

Die hoofrolle was deur die volgende gr.8-leerders vertolk: Dewald Smith (Generaal), Marli Theunissen (Tannie Koba), Carli Rall (Katryn), Jan-Marco Bester (Wimpie), Megan Usher (Wilma), Eben Pouwels (Janko), Ane le Roux (skoolhoof), Nicolien Jacobs & Zenabria Mentoor (beheerliggaamslede), Jannike Fourie, Micaylynne Schoeman, Kristy-Lee Engelbrecht, Leigh-lyn Erasmus, Anakin Slabbert & Lucky Ramaema (skoolleerders).

groentjiekonsert 2018 1  groentjiekonsert 2018 2  groentjiekonsert 2018 3

groentjiekonsert 2018 4  groentjiekonsert 2018 5  groentjiekonsert 2018 6