Pretdag vir gr.8’s

Op Dinsdag, 16 Januarie 2018, het ons nuwe gr.8- leerders ‘n pretdag gehad, sodat hulle hul Hoërskoolloopbaan op hoë noot kan afskop. Die dag was vol pret en plesier! Die seniorraad het vroegoggend die gr.8-leerders verwelkom en onmiddellik laat tuis voel.

Die gr.8-leerders het saam met die seniorraad gekuier, op glybane baljaar en hul gate uit geniet by die verskeie boeresportsoorte – dit was voorwaar ‘n treffer. Die gr.8-leerders het ook die skoolgronde verken en heerlik aan die skool se splinternuwe snoepie se kos gesmul.

Ons nuwe gr.8-leerders is reeds deel van die Riebeeckrandfamilie en sien uit na die opwindende jaar wat vir hulle voorlê.

Pretdag 2018 2  Pretdag 2018 3

Pretdag 2018 1  Pretdag 2018 5