Riebeeckrand spog met Dux-leerder Dux leerder 2017

Tydens die gr.12-prysuitdeling is Dewald Naudé as die Dux-leerder van die skool aangewys, - wat ‘n groot prestasie! Hierdie prestasie word bepaal deur die gemiddelde persentasie vanaf graad 8 – 12 te bereken. Dewald het ‘n spog gemiddelde persentasie van 86.1%.

Tydens hierdie prysuitdeling is hy ook as die veelsydigste seun in graad 12 aangewys. Dewald het ook erekleure ontvang en is tans 4de op die akademiese Top 10, na afloop van die rekordeksamen. Hy het die skool se hoogste akademiese toekenning, naamlik lourierkleure, in graad 11 verwerf.

Tydens die kultuurprysuitdeling het Dewald die trofee ontvang vir die Best Senior Public Speaker, ‘n kultuur veelsydigheidspeldjie en verwerf hy ook die ATKV Aansporingstoekenning. Gedurende sy graad 12 jaar het hy deelgeneem aan interne redenaars, spanredenaars, ATKV redenaars, Public Speaking Team en Eisteddfod.

Riebeeckrand het groot verwagtinge van Dewald en wens hom alle sukses toe.