Riebeeckrand se top-matrikulant

 top matrikulant 2017 alicia

Na afloop van die afgelope graad 12-rekordeksamen, is Alicia Jacobs as die top-matrikulant aangewys in die nommer 1-posisie op die akademiese Top 10. Voorwaar ‘n puik prestasie! Alicia is ook in graad 10 na die afloop van die Junie-eksamen, as die top-leerder van die graad aangewys.

Reeds in graad 11 het Alicia ook die skool se hoogste toekenning vir akademie, naamlik lourierkleure, ontvang. Hierdie toekenning word in graad 12 weer herhaal. Sy was die enigste matrikulant wat die toekenning ontvang het.

Tydens die graad 12-prysuitdeling ontvang Alicia die meeste trofeë van al die matrikulante, naamlik;

Beste prestasie – Lewenswetenskappe

Beste prestasie – Rekeningkunde

Beste prestasie – Afrikaans Huistaal

Beste prestasie – Geografie

Beste prestasie – English FAL

Beste tweetalige leerder

Alica het vir 6 van haar 7 vakke ‘n gemiddeld bo 80% tydens die rekordeksamen behaal, met ‘n totale gemiddeld van 84,1%. Riebeeckrand sien met verwagting uit na haar finale matriekuitslae. Ons beste wense vergesel haar.