Skoolgee hou jou brein en lyf fiks

Personeel 1 2021 Personeel 3 2021

Covid-19 het ‘n nuwe normaal vir die hele wêreld kom skep. Dinge is nie meer soos waaraan ons gewoond was nie. Riebeeckrand se personeel moes hul hardlooptekkies afstof om te verseker dat hul duisende treë per dag sal kan stap.

Hoërskool Riebeeckrand se personeel loop nou letterlik die ekstra myl vir hul leerders. Om die leerders se veiligheid te verseker en sosiale afstand te handhaaf, wissel die gr. 8 – 9 leerders nie meer tussen periodes nie, maar wel die personeel. Die personeel wissel ongeveer 6 keer per dag van klas na klas en moet hulle hul hele pakkaas saam hul neem - van ‘n visualizer, skootrekenaar, boeke, lêers, notas en nog meer. Die onderwysers loop ‘n gemiddeld van 15 000 treë per dag! "Die gewisselry verskaf groot pret en hou ons fiks", vertel Letsie Grobler, een van die personeellede wat graad 8 en 9 onderrig.

Die hoof, Annelize van den Berg, is dankbaar en trots op haar personeel wat so hard werk en op ‘n drafstappie te alle tye hul beste gee en die leerders se belange op hul harte dra.

Personeel 4

Die seniorraad van 2021 is...

Marizaan Barnard        Q'raine Nel 
Bridgette Basson   Ansuné Reynolds 
Devonique Breedt    Kaylee Scheepers 
Caitlin Buitendag    Koketso Sebeka
Collin da Corte   Xander Smith
Zain de Souza   Carliska Sprong
Megan Engelbrecht   Diwani Stevens
Elaine Fowler   Karli Strooh
Aldré Groenewald   Waldo Thiart
Ruben Jansen van Rensburg   Nicola Van der Merwe
Charizé Meyer   Zené Van der Merwe
Phumzile Mkhjontwane   Etienne van Heerden
Ruman Münz   Chiane Visagie
Junita Murray   Christelle Vosloo
Carla Neethling   Kristen Wahl

Seniorraad 2021 1

 

Marizaan

Leerderinligtingsvorm 2021

Geagte ouer, ons is baie opgewonde om u kind volgende jaar by die Riebeeckrad-familie te verwelkom. Hier is die leerderinligtingsvorm wat u moet voltooi en vir die skool moet e-pos. (Klik op die woord "leerderinligtingsvorm" om die vorm af te laai).

Vir enige navrae kontak gerus die skool by 011-693-3771/Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

Covid-19

Covid-19 voorsorgmaatreëls
U kind se gesondheid is vir ons belangrik. Daarom doen ons ‘n beroep op u om u kind deurentyd te monitor.

Simptome van die Covid-19 virus is 'n loopneus, seer keel, hoes, hoofpyn, koors en konstante moegheid. Wanneer simptome opduik, raadpleeg dadelik u geneesheer.

Die volgende voorsorgmaatreëls kan getref word:
- Was gereeld hande.
- Gebruik alternatiewelik hand sanitizer
- Vermy kontak met mense wat griepsimptome het
- Drink vitamines om die immuunstelsel te versterk

Die skool het reeds gereël dat daar seep in alle badkamers beskikbaar sal wees vir die leerders om hul hande te was. Leerders kan hul eie seep en hand sanitizer bring indien hul dit so verkies.

Ouers moet asseblief nie paniekerig raak nie. Voorkomingsmaatreëls van die onderwysdepartement word geïmplementeer bloot om ons leerders veilig te hou.

Indien u kind aan 'n komorbiditeite lei, laai asseblief dié dokument af en voltooi so gou as moontlik die aansoekvorm.

/

Covid-19 precaution measures
The health of our learners is very important to us and we request parents to monitor their children continuously. If symptoms are detected, contact your health practitioner immediately.

The following precautions can be taken.
- Wash your hands regularly
- Alternatively use hand sanitizer
- Avoid contact with people who has flu symptoms
- Drink vitamins to boost your immune system

The school has already arranged for soap to be placed in all the bathrooms. Learners can also bring their own soap and sanitizer.

Please do not panic! Drastic measures have been taken by the education department to keep all learners safe.

If your child suffers from a comorbidity, please download this document and complete the application form as soon as possible.